
Regering kry kritiek oor beleide sonder wetlike raamwerke
Loading player...
Verskeie beleidsveranderinge is afgekondig sedert die nuwe regering se ampstermyn vanjaar begin het, die vernaamste daarvan waarskynlik die instelling van gratis tersiêre onderwys. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê daar is nog tyd om die nuwe administrasie ‘n kans te gee, maar sover is hy nie tevrede met die besluite wat gemaak is sonder behoorlike wetgewing in plek nie.

