Minimum betalings verpligtend by Unam-registrasie

Loading player...
Unam het studente in kennis gestel dat verpligte minimum betalings voor of tydens 2026-registrasie van toepassing sal wees. Namibiese studente moet 6 975 Namibiese dollar betaal, SAOG-studente 12 125 dollar, en nie- SAOG-studente 20 775 dollar, wat onder andere klasgelddeposito's, registrasie en tegnologiefooie dek. Woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alle uitstaande saldo's vereffen moet word om voordeel te trek uit die gesubsidieerde tersiêre opleiding in 2026.
16 Dec 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min