Agra Veilings kyk terug op die jaar

Loading player...
Agra Veilings Namibië het ‘n terugblik op die jaar gegee. Aan die begin van die jaar was daar verskeie onsekerhede in boerdery wat kop uitgesteek het. Knopvelsiekte en bek-en-klouseer wat in Suid Afrika uitgebreek het was kopsere, maar Namibië se boerderybedryf het kop bo water gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein, uitvoerende bestuurder van Agra Veilings, gesels.
16 Dec 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min

Begroting: Jou twak en drankie gaan (natuurlik) meer kos

Die nasionale begroting is vanmiddag in die Nasionale Vergadering gelewer deur finansminister Ericah Shafudah. Oudergewoonte, is die koste van jou twakkie en jou natmakertjie op in die komende boekjaar. Ons begin by tabak.
26 Feb 9AM 1 min