
Trump sê steeds Reiner was mal, en 'n Trump-hater
Loading player...
Die bohaai in Amerika oor president Donald Trump se ongevoelige aanmerkings na die moord op die befaamde regisseur Rob Reiner en sy vrou kring steeds uit. Die Reiners se seun, Nick, is in verband met die moorde in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn om formeel aangekla te word. Trump is by 'n perskonferensie in die Oval Office gevra of hy bewus is dat vele Republikeine hom kritiseer en of hy steeds by sy uitlatings staan.

