Trump sê steeds Reiner was mal, en 'n Trump-hater

Loading player...
Die bohaai in Amerika oor president Donald Trump se ongevoelige aanmerkings na die moord op die befaamde regisseur Rob Reiner en sy vrou kring steeds uit. Die Reiners se seun, Nick, is in verband met die moorde in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn om formeel aangekla te word. Trump is by 'n perskonferensie in die Oval Office gevra of hy bewus is dat vele Republikeine hom kritiseer en of hy steeds by sy uitlatings staan.
16 Dec 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min

Begroting: Jou twak en drankie gaan (natuurlik) meer kos

Die nasionale begroting is vanmiddag in die Nasionale Vergadering gelewer deur finansminister Ericah Shafudah. Oudergewoonte, is die koste van jou twakkie en jou natmakertjie op in die komende boekjaar. Ons begin by tabak.
26 Feb 9AM 1 min