Havana Fourway: Kontrakteurs kla oor informele handelaars

Loading player...
Kontrakteurs wat aan die Eneas Peter Nanyemba-padprojek by Havana Fourway in Katutura werk, sê hulle staar uitdagings in die gesig wat hul werk vertraag. 'n Terreinagent vir Welwitschia Construction CC, Sam Angula, sê dat verkopers aanhou werk in die projekarea wat skoongemaak word. Hulle moet ook elke dag vullis verwyder wat deur die verkopers gelos word, en informele werktuigkundiges het teruggekeer na die terrein. Die verkopers sê egter hulle is 'n nuwe oop mark belowe wat nog nie gebou is nie, en hulle het nêrens anders om handel te dryf nie. Angula het met die NBC gepraat.
16 Dec 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min

Begroting: Jou twak en drankie gaan (natuurlik) meer kos

Die nasionale begroting is vanmiddag in die Nasionale Vergadering gelewer deur finansminister Ericah Shafudah. Oudergewoonte, is die koste van jou twakkie en jou natmakertjie op in die komende boekjaar. Ons begin by tabak.
26 Feb 9AM 1 min