
Homeschooling-vereniging reageer op lynministerie se verklaring
Loading player...
Die Homeschool Association of Namibia sê die verwarring rondom hul rol veroorsaak onnodige kommer onder ouers en leerders. Dit kom nadat die onderwysministerie 'n verklaring uitgereik het waarin gesê word dat die vereniging nie erken word om tuisonderrig in die land goed te keur, te reguleer, te registreer of leiding te gee daaroor nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Andre Gouws, die uitvoerende hoof van die vereniging, gepraat wat sê dat die ministerie se verklaring waarskynlik veroorsaak is deur 'n voorval in die Erongo-streek.

