Verkiesing: Ontleding toon hoë werkloosheid = lae opkoms

Loading player...
Statistieke van High Economic Intelligence toon dat uitslae van die Khomas-streeksraadverkiesing 'n patroon toon wat kieserbetrokkenheid aan ekonomiese toestande koppel. Hoër werkloosheidsyfers korreleer met laer kiesersopkoms. Die Tobias Hainyeko-kiesafdeling het byvoorbeeld 'n werkloosheidsyfer van 49,3 persent aangeteken, met 'n opkoms van slegs 24,1 persent, terwyl Moses//Garoëb en Samora Machel 'n werkloosheidsyfer van 48,4 persent en 'n opkoms van 26,3 persent gehad het. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Herbert Jauch gepraat.
16 Dec 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min

Begroting: Jou twak en drankie gaan (natuurlik) meer kos

Die nasionale begroting is vanmiddag in die Nasionale Vergadering gelewer deur finansminister Ericah Shafudah. Oudergewoonte, is die koste van jou twakkie en jou natmakertjie op in die komende boekjaar. Ons begin by tabak.
26 Feb 9AM 1 min