Bafana wen 1-0 teen Ghana, Broos onbeïndruk

Loading player...
Bafana Bafana het in ʼn vriendskaplike wedstryd op die Dobsonville-stadion in Soweto ʼn 1-0-sege teen Ghana behaal. Dit was die Suid-Afrikaners se laaste kragmeting voor die span na Marokko vertrek vir die Afrikabekertoernooi wat vandag begin. Sipho Mbule het die wedstryd se enigste doel in die 57ste minuut behaal. Afrigter Hugo Broos was nie beïndruk met sy span se vertoning nie:
17 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Miljoene vir nuwe pad in Ohangwena

Die vervoerministerie het amptelik distrikspad D4119 van Omulondo na Oshuuli in die Ohangwena-streek geopen, wat teen 'n koste van 53 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die 23-kilometer lange pad is ontwikkel deur Namibies-Duitse samewerking. Ursula Hein-Rooinasie, sektorkoördineerder by die KfW Ontwikkelingsbank, sê Duitsland het tot dusver die konstruksie van meer…
3 May 5AM 1 min

NCC-leier beskuldig polisie van intimidasie

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het die polisie van intimidasie en onwettige gedrag beskuldig na 'n klopjag op sy vorige huis in Mitchells Plain, Kaapstad. Adams beweer beamptes met kopmusse en sonder enige identifisering het die verkeerde adres geteiken en kon nie 'n lasbrief voorlê nie…
3 May 5AM 1 min

Gideon Nust se nuwe visekansalier

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, het professor Frednand Gideon as die nuwe visekanselier aangestel, effektief 1 Augustus. Hy sal professor Andrew Niikondo opvolg, wat sedert Oktober 2025 in 'n waarnemende hoedanigheid dien. Nashilongo Gervasius, Nust se direkteur van korporatiewe betrokkenheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
3 May 4AM 1 min

Namibië steeds finansieel gesond, sê BoN

Ondanks globale onsekerheid meen Bank van Namibië se adjunkgoewerneur, Leonie Dunn, dat die land se finansiële landskap steeds stabiel is. Dit kom nadat die sentrale bank in samewerking met Namfisa die land se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel het. Ten spyte van inflasionere onsekerheid is die bank- en nie-bank-sektore stabiel. Dunn is…
3 May 2AM 1 min

G'n verdeeldheid tussen ANC en SAKP, sê Mashatile

Adjunkpresident Paul Mashatile sê daar is geen verdeeldheid tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party nie, aangesien beide alliansievennote hul individuele veldtogte beplan voor die plaaslikeregeringsverkiesing. Mashatile het in Limpopo die belangrikheid van eenheid binne die alliansie beklemtoon en lede aangespoor om verenig te bly en te fokus op…
3 May 1AM 1 min