Withuis staan bankvas agter Wiles na 'daardie' onderhoud

Loading player...
Die Withuis-stafhoof, Susie Wiles, het opslae gemaak vir 'n reeks openhartige kommentare wat in Vanity Fair gepubliseer is. Sy het president Donald Trump beskryf as ‘n mans met grenslose vertroue, die persoonlikheid van ‘n alkoholis en iemand wat wraak neem en vergelding soek. Sy het ook, onder andere, gesê visepresident JD Vance glo in samesweringsteorieë. Verbasend genoeg, word haar aanmerkings verdedig en sy is nie in die sop nie. Hoor die Withuis perssekretaris Karoline Leavitt, en Vance.
17 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min

Begroting: Jou twak en drankie gaan (natuurlik) meer kos

Die nasionale begroting is vanmiddag in die Nasionale Vergadering gelewer deur finansminister Ericah Shafudah. Oudergewoonte, is die koste van jou twakkie en jou natmakertjie op in die komende boekjaar. Ons begin by tabak.
26 Feb 9AM 1 min