Hyphen se vaardighede sensus duur voort

Loading player...
Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar hulle vaardigheids-opname geloods. Hierdie sensus stel Namibiërs in staat om hul vaardigheidsinligting in te dien en relevante dokumente op te laai om in 'n omvattende werksoekersdatabasis ingesluit te word. Kosmos 94.1 Nuus het met Martin Wilkinson,die senior ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by Hyphen gepraat, wat 'n opdatering gee oor die hoeveelheid aansoeke wat hulle tot dusver ontvang het.
17 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonomiese groei van 3,1% in 2026, voorsien Shafudah

Finansminister Ericah Shafudah is besig met die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar. Die sentrale bank sê ‘n daling in olie- en voedselpryse sal inflasie vanjaar op ‘n gemiddeld van 3,5 persent hou.
26 Feb 10AM 1 min

Namcor soek nuwe besturende direkteur

Maureen Hinda-Mbuende se termyn van ses maande as besturende direkteur van Namcor sal môre eindig, 'n dag na die sluitingsdatum vir aansoeke vir die permanente besturende direkteur-pos. Sy is aangestel na die verwydering van voormalige waarnemende besturende direkteur Victoria Sibeya in Augustus 2025. Volgens plaaslike media sal Hinda-Mbuende nie heraangestel…
26 Feb 10AM 1 min

Begroting: Jou twak en drankie gaan (natuurlik) meer kos

Die nasionale begroting is vanmiddag in die Nasionale Vergadering gelewer deur finansminister Ericah Shafudah. Oudergewoonte, is die koste van jou twakkie en jou natmakertjie op in die komende boekjaar. Ons begin by tabak.
26 Feb 9AM 1 min