Imran Khan se seuns het groot kommer oor hulle pa

Loading player...
Die oud-Pakistanse premier Imran Khan se seuns het groot kommer oor sy welstand terwyl hy tronkstraf in sy geboorteland dien. Luidens die hofbevel moet sy familie elke Dinsdag toegang tot hom kry maar, dit gebeur nie. Die voormalige leier is tronk toe gestuur nadat hy skuldig bevind is in 'n rits sake wat volgens hom polities gedrewe was na sy uitsetting in 'n parlementêre stemming in 2022. Kasim Khan het met Sky News gepraat.
17 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Miljoene vir nuwe pad in Ohangwena

Die vervoerministerie het amptelik distrikspad D4119 van Omulondo na Oshuuli in die Ohangwena-streek geopen, wat teen 'n koste van 53 miljoen Namibiese dollar gebou is. Die 23-kilometer lange pad is ontwikkel deur Namibies-Duitse samewerking. Ursula Hein-Rooinasie, sektorkoördineerder by die KfW Ontwikkelingsbank, sê Duitsland het tot dusver die konstruksie van meer…
3 May 5AM 1 min

NCC-leier beskuldig polisie van intimidasie

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het die polisie van intimidasie en onwettige gedrag beskuldig na 'n klopjag op sy vorige huis in Mitchells Plain, Kaapstad. Adams beweer beamptes met kopmusse en sonder enige identifisering het die verkeerde adres geteiken en kon nie 'n lasbrief voorlê nie…
3 May 5AM 1 min

Gideon Nust se nuwe visekansalier

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, het professor Frednand Gideon as die nuwe visekanselier aangestel, effektief 1 Augustus. Hy sal professor Andrew Niikondo opvolg, wat sedert Oktober 2025 in 'n waarnemende hoedanigheid dien. Nashilongo Gervasius, Nust se direkteur van korporatiewe betrokkenheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
3 May 4AM 1 min

Namibië steeds finansieel gesond, sê BoN

Ondanks globale onsekerheid meen Bank van Namibië se adjunkgoewerneur, Leonie Dunn, dat die land se finansiële landskap steeds stabiel is. Dit kom nadat die sentrale bank in samewerking met Namfisa die land se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel het. Ten spyte van inflasionere onsekerheid is die bank- en nie-bank-sektore stabiel. Dunn is…
3 May 2AM 1 min

G'n verdeeldheid tussen ANC en SAKP, sê Mashatile

Adjunkpresident Paul Mashatile sê daar is geen verdeeldheid tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party nie, aangesien beide alliansievennote hul individuele veldtogte beplan voor die plaaslikeregeringsverkiesing. Mashatile het in Limpopo die belangrikheid van eenheid binne die alliansie beklemtoon en lede aangespoor om verenig te bly en te fokus op…
3 May 1AM 1 min