Visseryministerie verlaag toelaatbare maasbanker-vangs

Loading player...
Die visseryeministerie sê dat hy in 'n gevorderde stadium is van die implementering van die Visserye Telkaart, wat na verwagting in 2026 uitgerol sal word. Minister Inge Zaamwani het verduidelik dat die telkaart daarop gemik is om 'n deursigtige stelsel te vestig om streng byvangsbeheermaatreëls te monitor. Sy het ook gesê dat regtehouers van maasbanker hulle moet voorberei op verminderde kwotatoewysings in 2026 na 'n afname in biomassa.
17 Dec 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Begroting: Jou twak en drankie gaan (natuurlik) meer kos

Die nasionale begroting is vanmiddag in die Nasionale Vergadering gelewer deur finansminister Ericah Shafudah. Oudergewoonte, is die koste van jou twakkie en jou natmakertjie op in die komende boekjaar. Ons begin by tabak.
26 Feb 9AM 1 min

Onderwys kry weer grootste begrotingstoekenning

Finansminister Ericah Shafudah het toekennings in die nasionale begroting vir die 2026-27-boekjaar so uiteengesit. Die maatskaplike sektor, wat onderwys, gesondheid, maatskaplike veiligheidsnette en jeugbemagtiging insluit, bly die grootste gebied van regeringsbesteding met ‘n toekenning van 54,3 miljard Namibiese dollar, of 61,7 persent van die totale begroting, uitgesluit rentebetalings. Onderwys ontvang…
26 Feb 9AM 1 min

NNN moet antwoord op olie-bewerings, nie Presidensie: Itula

Die IPC-leier, Panduleni Itula, sê hy wil nie 'n reaksie van die Presidensie hê nie, hy soek antwoorde direk van president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Itula, wat die president se seuns met oliesektorbelange verbind, dit weer beklemtoon ten spyte van ontkennings van Namport en…
26 Feb 9AM 1 min

Shafudah lig suksesse uit in begroting-toespraak

Die begroting vir die 2026-27-boekjaar kom onder die tema mense, produktiwiteit en versigtigheid. Finansminister Ericah Shafudah sê die begroting kom op ‘n tyd wanneer die regering se inkomste onder druk is maar sy het ook suksesse uitgelig en het met behuising begin. Sy het ook melding gemaak van produksie op…
26 Feb 8AM 1 min