Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, het professor Frednand Gideon as die nuwe visekanselier aangestel, effektief 1 Augustus. Hy sal professor Andrew Niikondo opvolg, wat sedert Oktober 2025 in 'n waarnemende hoedanigheid dien. Nashilongo Gervasius, Nust se direkteur van korporatiewe betrokkenheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Ondanks globale onsekerheid meen Bank van Namibië se adjunkgoewerneur, Leonie Dunn, dat die land se finansiële landskap steeds stabiel is. Dit kom nadat die sentrale bank in samewerking met Namfisa die land se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel het. Ten spyte van inflasionere onsekerheid is die bank- en nie-bank-sektore stabiel. Dunn is…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê daar is geen verdeeldheid tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party nie, aangesien beide alliansievennote hul individuele veldtogte beplan voor die plaaslikeregeringsverkiesing. Mashatile het in Limpopo die belangrikheid van eenheid binne die alliansie beklemtoon en lede aangespoor om verenig te bly en te fokus op…
Die Suid Afrikaanse Inkomstediens het nuwe regulasies rakende invoere na die land uit alle SAOG- en doeane-unie lande ingestel. Alle invoere moet verklaar word en die maatreëls sal ook toeriste raak. Toeriste kan voor hulle reis die verklaring aanlyn doen en ook op die nuwe toep, die Mobi-app. Landbou-kenner Wallie…
Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag na 'n bek-en-klouseer uitbreking in die suide van Zambië bevestig is. Die Direktoraat Veeartsenykundige Dienste het 'n streng voorbereidingsstrategie versnel wat gefokus is op hoëfrekwensie-inentings oor die noordelike kommunale gebiede. Grensbeheer is aansienlik verskerp, met streng invoerbeperkings, verpligte voertuigontsmetting en die ontplooiing van bykomende veeartsenykundige…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.