AfDB se N$33 miljard sal op infrastruktuur bestee word

Loading player...
Die Afrika-ontwikkelingsbank het 'n lening van 33 miljard Namibiese dollar aan Namibië goedgekeur wat tussen 2025 en 2030 benut sal word. Die finansministerie sê die lening is goedgekeur onder die Namibië-landstrategiedokument, waardeur die land projekte indien wat binne vyf jaar befonds kan word. Die woordvoerder van die ministerie, Johnathan Swartz, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die geld vir sleutelprojekte soos infrastruktuurontwikkeling gebruik sal word.
18 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog een haakplek in Namib Mills-staking onderhandelinge

Ses weke later duur die staking deur Namib Mills-werknemers, verteenwoordig deur die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsvakbond voort, met werkers wat steeds wag vir beter lone en voordele. Arbeidsminister Wise Immanuel het die parlement in kennis gestel dat hy met beide die bestuur en werkers vergader het en dat gedeeltelike…
26 Feb 8AM 1 min

NV wil weet oor Lüderitz-oliebasis se vreemde tender

Die parlement opper vrae oor die gekanselleerde Lüderitz-oliebasis-tender. Die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, het antwoorde geëis nadat 'n mededingende tender van 4 miljard Namibiese dollar verlede jaar Augustus deur Namport gekanselleer is, sonder enige verduideliking. Die gekanselleerde projek het weer na vore gekom deur Nida in vennootskap met 'n…
26 Feb 7AM 1 min

Derde VSA-Iran gesprekke oor kernprogram begin

Die Amerikaanse spesiale gesant, Steve Witkoff, sal vandag die derde ronde gesprekke met Iran in Switserland lei, waar hoofsaaklik gefokus gaan word op sy kernprogram. Amerika het 'n reuse-militêre mag in die Midde-Ooste versamel, wat vrese vir 'n groter streekskonflik veroorsaak. Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, sê Witkoff streef daarna…
26 Feb 7AM 1 min

Kaapstad kry dalk waterbeperkings later vanjaar

Die Stad Kaapstad sê die metro beleef nie ʼn droogte nie, maar die moontlikheid dat waterbeperkings later vanjaar ingestel kan word, raak groter. Damvlakke staan tans op net meer as 55-persent, wat sowat 19-persent laer is as dieselfde tydperk verlede jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê…
26 Feb 5AM 1 min

Militêre ondersteuning nou kritiek vir Oekraïne

Jens Stoltenberg, die oud-Navo hoof en nou Noorweegse finansminister sê militêre ondersteuning aan die Oekraïne is nou uiters belangrik omdat winste op die slagveld die land in ‘n beter posisie sal plaas in vredesonderhandelinge wat tans aan die gang is. Hy het met CNN gepraat.
26 Feb 5AM 1 min