Kubayi sê maatreëls teen korrupsie is versterk in SA

Loading player...
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika het albei siklusse van die Instellingshersieningsmeganisme suksesvol afgehandel. Sy het die 11de sitting van die Konferensie vir Staatspartye van die Verenigde Nasies se konvensie teen korrupsie in Doha, Katar, toegespreek. Kubayi sê verskeie maatreëls soos wetgewing, nasionale teenkorrupsie-strategie, en beleid is hersien om maatreëls teen korrupsie te versterk:
18 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Shafudah lig suksesse uit in begroting-toespraak

Die begroting vir die 2026-27-boekjaar kom onder die tema mense, produktiwiteit en versigtigheid. Finansminister Ericah Shafudah sê die begroting kom op ‘n tyd wanneer die regering se inkomste onder druk is maar sy het ook suksesse uitgelig en het met behuising begin. Sy het ook melding gemaak van produksie op…
26 Feb 8AM 1 min

Nog een haakplek in Namib Mills-staking onderhandelinge

Ses weke later duur die staking deur Namib Mills-werknemers, verteenwoordig deur die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsvakbond voort, met werkers wat steeds wag vir beter lone en voordele. Arbeidsminister Wise Immanuel het die parlement in kennis gestel dat hy met beide die bestuur en werkers vergader het en dat gedeeltelike…
26 Feb 8AM 1 min

NV wil weet oor Lüderitz-oliebasis se vreemde tender

Die parlement opper vrae oor die gekanselleerde Lüderitz-oliebasis-tender. Die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, het antwoorde geëis nadat 'n mededingende tender van 4 miljard Namibiese dollar verlede jaar Augustus deur Namport gekanselleer is, sonder enige verduideliking. Die gekanselleerde projek het weer na vore gekom deur Nida in vennootskap met 'n…
26 Feb 7AM 1 min

Derde VSA-Iran gesprekke oor kernprogram begin

Die Amerikaanse spesiale gesant, Steve Witkoff, sal vandag die derde ronde gesprekke met Iran in Switserland lei, waar hoofsaaklik gefokus gaan word op sy kernprogram. Amerika het 'n reuse-militêre mag in die Midde-Ooste versamel, wat vrese vir 'n groter streekskonflik veroorsaak. Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, sê Witkoff streef daarna…
26 Feb 7AM 1 min

Kaapstad kry dalk waterbeperkings later vanjaar

Die Stad Kaapstad sê die metro beleef nie ʼn droogte nie, maar die moontlikheid dat waterbeperkings later vanjaar ingestel kan word, raak groter. Damvlakke staan tans op net meer as 55-persent, wat sowat 19-persent laer is as dieselfde tydperk verlede jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê…
26 Feb 5AM 1 min