Jipee (dalk) vir Starlink... maar die kostes?

Loading player...
Cran het 'n oorweldigend positiewe reaksie gekry toe die publiek gevra is om insette te lewer op Starlink se lisensie-aanbod. Cran het altesaam 1 180 geskrewe voorleggings ontvang, waarvan 1 164 die toekenning van die lisensie ondersteun. Net 16 voorleggings was nie ten gunste daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nrupesh Soni, 'n tegnologiekenner en besigheidseienaar, wat ook nie opgewonde is nie.
18 Dec 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapstad kry dalk waterbeperkigs later vanjaar

Die Stad Kaapstad sê die metro beleef nie ʼn droogte nie, maar die moontlikheid dat waterbeperkings later vanjaar ingestel kan word, raak groter. Damvlakke staan tans op net meer as 55-persent, wat sowat 19-persent laer is as dieselfde tydperk verlede jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê…
26 Feb 5AM 1 min

Militêre ondersteuning nou kritiek vir Oekraïne

Jens Stoltenberg, die oud-Navo hoof en nou Noorweegse finansminister sê militêre ondersteuning aan die Oekraïne is nou uiters belangrik omdat winste op die slagveld die land in ‘n beter posisie sal plaas in vredesonderhandelinge wat tans aan die gang is. Hy het met CNN gepraat.
26 Feb 5AM 1 min

Jongste oor Mole-opknapping op Swakop

Na die amptelike oorhandiging van die Mole op 26 Maart 2025 vir die Swakopmund-munisipaliteit se 4,8 miljoen Namibiese dollar Mole Cubicles-opgraderingsprojek, is 'n mylpaal bereik. Die ontwikkeling sluit geslote hokkies in wat as bergingsfasiliteite vir klein besighede sal dien wat hul kuns en kunsvlyt ten toon stel. Kosmos 94.1 Nuus…
26 Feb 5AM 1 min

Stampriet-uraan kan NDP6-doelwitte dryf

Die voorgestelde in-situ uraanmynbou in die Omaheke-streek wek kommer oor waterveiligheid. Die Direktoraat van Atoomenergie en Stralingsbeskerming in die gesondheidsministerie sê radioaktiwiteitsvlakke is effens bo die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne, maar steeds onder die nasionale dosislimiete. Direkteur Axel Tibinyane hou vol dat daar geen gevolgtrekking is dat die water onveilig is…
26 Feb 5AM 1 min

Namibië kan spilpunt wees vir nuwe tegnologie infrastruktuur

Terwyl globale tegnologiereuse die lansering van datasentrums in wentelbane om die Aarde ondersoek om aan die stygende KI-vraag te voldoen, sê kenners dat die slimmer oplossing dalk hier in Namibië is. IT-infrastruktuurkenner Peter Karon sê die land se oorvloedige sonenergie en groeiende groenkragprojekte plaas Namibië as 'n primêre spilpunt vir…
26 Feb 5AM 1 min