
Oud NASCAR-kampioen Greg Biffle dood in vliegongeluk
Loading player...
Die voormalige NASCAR-renjaer, Greg Biffle, sy vrou en twee kinders is onder sewe mense wat dood is toe hul vliegtuig in Noord-Carolina neergestort het. Die Cessna C550 het geval en in vlamme uitgebars toe dit by die Statesville-streekslughawe wou land. Ander slagoffers is uitgeken as Dennis Dutton, sy seun Jack, en Craig Wadsworth. Volgens vlugrekords was die vliegtuig geregistreer by ʼn maatskappy wat aan Biffle behoort. Chris Knox van die Noord-Carolina-snelwegpatrollie sê die voorval word ondersoek:

