
Aussie-regering sal wapens terugkoop
Loading player...
Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het ʼn nuwe nasionale terugkoopskema aangekondig om oortollige, pas verbode en onwettige vuurwapens terug te koop. Dit volg na Sondag se slagting op Bondi-strand waarin 15 mense doodgeskiet is. Dis die grootste skema sedert die Port Arthur-massaslagting in 1996 waarin 35 mense dood is. Albanese sê daar is meer as 4 miljoen vuurwapens in die land, wat meer is as tydens die Port Arthur-slagting:

