
Benoemings vir komitee wat nasionale dialoog reël bekend
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die benoemings vir die reëlingskomitee van die nasionale dialoog bevestig. Die komitee, wat bestaan uit verteenwoordigers van 33 maatskaplike sektore, ses subsektore en bykomende gekoöpteerde lede, sal prioriteite bepaal en die inklusiewe, burgerlike gedrewe proses koördineer. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die komitee sal na verwagting volgende maand sy eerste vergadering en induksie hou, met Ramaphosa wat lede sterkte toewens met hul belangrike taak:

