Tennis: Tweede loopbaantitel vir VSA se Tien

Loading player...
Die Amerikaner, Learner Tien, het sy tweede loopbaantitel ingepalm toe hy die Next Gen ATP-toernooi in Jeddah, Saoedi-Arabië, gewen het. Die 20-jarige het die Belg Alexander Blockx met 4-3, 4-2, 4-1 verslaan en daarmee wraak geneem vir sy tweede plek verlede jaar in dieselfde toernooi. Tien is slegs die derde top-gekeurde wat die titel verower, en volg in die voetspore van Stefanos Tsitsipas en Carlos Alcaraz. Hy sê hy is bly hy kon vanjaar beter vaar:
22 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Só werk nuwe invoerregulasies uit SA

Die Suid Afrikaanse Inkomstediens het nuwe regulasies rakende invoere na die land uit alle SAOG- en doeane-unie lande ingestel. Alle invoere moet verklaar word en die maatreëls sal ook toeriste raak. Toeriste kan voor hulle reis die verklaring aanlyn doen en ook op die nuwe toep, die Mobi-app. Landbou-kenner Wallie…
3 May 12AM 1 min

BKS: Namibië op hoë gereedheidsgrondslag ná uitbreking in Zambië

Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag na 'n bek-en-klouseer uitbreking in die suide van Zambië bevestig is. Die Direktoraat Veeartsenykundige Dienste het 'n streng voorbereidingsstrategie versnel wat gefokus is op hoëfrekwensie-inentings oor die noordelike kommunale gebiede. Grensbeheer is aansienlik verskerp, met streng invoerbeperkings, verpligte voertuigontsmetting en die ontplooiing van bykomende veeartsenykundige…
2 May 6AM 1 min

Ramaphosa vol vertroue oor Madlanga-kommissie

President Cyril Ramaphosa sê hy is gereeld in kontak met die Madlanga-kommissie se voorsitter, Mbuyiseli Madlanga, oor sy vordering met die ondersoek na vermeende politieke inmengery by die regstelsel. Ramaphosa sê tydlyne is vasgestel en effens verleng, met voortgesette besprekings van die kommissie se behoeftes. Hy sê hy het vertroue…
2 May 5AM 1 min

Cosatu veroordeel afleggings in SA

Die president van Cosatu, Zingiswa Losi, het werkgewers veroordeel wat voortgaan met afleggings in die huidige ekonomiese klimaat, namate werkskaarste en stygende werkloosheid toeneem. Losi het Vrydag tydens Werkersdagvieringe by die Ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo, gewaarsku dat werkverliese ongelykheid verdiep, en beklemtoon dat dringende ingryping nodig is om…
2 May 4AM 1 min

Tegnologie 'n móét vir volhoubaarheid van visbedryf

Belangehebbendes in die visbedryf moet verantwoordelike visvangpraktyke bevorder, aangesien die sektor toenemende uitdagings in die gesig staar, sê visseryeminister Inge Zaamwani. Sy het Vrydag tydens die 19de jaarlikse Lüderitz-kreeffees kommer uitgespreek oor oorbevissing en klimaatsverandering. Zaamwani het beklemtoon dat samewerking noodsaaklik is om volhoubaarheid, voedselveiligheid en werkskepping te verseker, en…
2 May 3AM 1 min