Aussie leier bring boodskap van hoop, veerkragtigheid

Loading player...
Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê Kersfees sal vanjaar anders voel vir landsburgers na die terreuraanval op Joodse Australiërs tydens 'n Hannukah-viering op Bondi Beach. Die anti-semitiese slagting verlede Sondag het die lewens van 15 mense geëis. Albanese het die land se inwoners in sy Kersboodskap gevra om saam te staan en 'n boodskap van hoop en veerkragtigheid aan te gryp:
24 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mufeti sê alles sal in ag geneem word rakende in-situ-loging

'n Onafhanklike kundigespan van die Internasionale Atoomenergie-agentskap sal na verwagting teen middel Maart hul verslag aan die ministerie van omgewingsake indien oor die voorgestelde in-situ-loogmynbouprojek in die Omaheke-streek. Die span het van 9 tot 13 Februarie 2026 'n tegniese oorsig van die loodsprojek uitgevoer en het sedert Julie verlede jaar…
25 Feb 11PM 1 min

Begroting: Ekonoom het kommer oor hardnekkige strukturele uitdagings

Dit is vandag begrotingsdag in die land met die finansminister Ericah Shafudah wat vanmiddag die nasionale begroting ter tafel sal lê. Ekonoom Joseph Sheeham sê die begroting kom op ‘n deurslaggewende tydstip veral met die wêreldorde wat op sy kop gedraai is.
25 Feb 11PM 1 min

Shikongo vergader met buurlande se polisiehoofde

Die polisiehoofde van Namibië, Angola, Botswana, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe vergader in Kasane in Botswana vir 'n drie-dae-lange raadplegende vergadering om transnasionale georganiseerde misdaad te bespreek. NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo sê die vergadering spruit uit die binasionale kommissie wat verlede jaar in Windhoek vergader het om saam te werk aan…
25 Feb 10PM 1 min

SA se skuld vir die eerste keer in 17 jaar bestendig - Godongwana

Die finansminister Enoch Godongwana sê Suid-Afrika se skuld begin die eerste keer in 17-jaar bestendig raak, wat 'n groot keerpunt in openbare finansies aandui. Hy het in sy begrotingsrede gesê regerings-hervormings en gedissiplineerde besteding het gehelp om die begrotingstekort te verminder en beleggersvertroue te herstel. Godongwana sê skuld sal na…
25 Feb 10PM 1 min