'n Onafhanklike kundigespan van die Internasionale Atoomenergie-agentskap sal na verwagting teen middel Maart hul verslag aan die ministerie van omgewingsake indien oor die voorgestelde in-situ-loogmynbouprojek in die Omaheke-streek. Die span het van 9 tot 13 Februarie 2026 'n tegniese oorsig van die loodsprojek uitgevoer en het sedert Julie verlede jaar…
Dit is vandag begrotingsdag in die land met die finansminister Ericah Shafudah wat vanmiddag die nasionale begroting ter tafel sal lê. Ekonoom Joseph Sheeham sê die begroting kom op ‘n deurslaggewende tydstip veral met die wêreldorde wat op sy kop gedraai is.
Die polisiehoofde van Namibië, Angola, Botswana, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe vergader in Kasane in Botswana vir 'n drie-dae-lange raadplegende vergadering om transnasionale georganiseerde misdaad te bespreek. NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo sê die vergadering spruit uit die binasionale kommissie wat verlede jaar in Windhoek vergader het om saam te werk aan…
Die finansminister Enoch Godongwana sê Suid-Afrika se skuld begin die eerste keer in 17-jaar bestendig raak, wat 'n groot keerpunt in openbare finansies aandui. Hy het in sy begrotingsrede gesê regerings-hervormings en gedissiplineerde besteding het gehelp om die begrotingstekort te verminder en beleggersvertroue te herstel. Godongwana sê skuld sal na…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.