Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kersfees, die geboorte van Jesus Christus, in gedagte hou. Plaaslike pastoor Brian Philander deel 'n boodskap van hoop en liefde. Hy lees uit die woord.
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wens lands- en streeksburgers ʼn vredevolle Kersfees toe saam met familie, en hernude hoop vir die jaar wat voorlê. Die raad se hoofsekretaris, Mzwandile Molo, sê hulle dink met dankbaarheid na oor 2025, maar is ook bekommerd oor die toestand in die land en die…
Die IPC het vervoerminister Veikko Nekundi se plan om weerkaatsers op diere en hommeltuie te gebruik om die land se paduitdagings aan te spreek, gekritiseer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, kommer uitgespreek oor die stadige vordering van die Padveiligheidsbestuurswetsontwerp, wat sedert…
Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê Kersfees sal vanjaar anders voel vir landsburgers na die terreuraanval op Joodse Australiërs tydens 'n Hannukah-viering op Bondi Beach. Die anti-semitiese slagting verlede Sondag het die lewens van 15 mense geëis. Albanese het die land se inwoners in sy Kersboodskap gevra om saam…
Twee mense wat deur vloedwater meegesleur is, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die woordvoerder van die Stad Tshwane se Nooddiensdepartement, Nana Radebe-Kgiba, sê hulle het Sondag dringend ʼn soektog begin nadat hulle berigte van vermiste persone ontvang het. Sy sê die reddingspan het die liggame in die voertuig…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.