Rusland 'kan vasgekeerde SA mans repatrieer, maar wil nie'

Loading player...
Die verdedigingsontleder, Ricardo Teixeira, sê Rusland kan maklik die 17 Suid-Afrikaners wat in die Oekraïense oorlogsone gestrand is, repatrieer, maar verkies om dit nie te doen nie. Volgens News24 hou vertragings verband met finansiële eise deur militêre kontrakteurs wat na bewering terugbetalings van die MK-party eis. In 'n onderhoud met SABC News sê Teixeira die saak onthul afpersing en diep korrupsie binne die Russiese weermag, en hy bevraagteken bewerings dat Rusland 'n betroubare bondgenoot is:
25 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mufeti sê alles sal in ag geneem word rakende in-situ-loging

'n Onafhanklike kundigespan van die Internasionale Atoomenergie-agentskap sal na verwagting teen middel Maart hul verslag aan die ministerie van omgewingsake indien oor die voorgestelde in-situ-loogmynbouprojek in die Omaheke-streek. Die span het van 9 tot 13 Februarie 2026 'n tegniese oorsig van die loodsprojek uitgevoer en het sedert Julie verlede jaar…
25 Feb 11PM 1 min

Begroting: Ekonoom het kommer oor hardnekkige strukturele uitdagings

Dit is vandag begrotingsdag in die land met die finansminister Ericah Shafudah wat vanmiddag die nasionale begroting ter tafel sal lê. Ekonoom Joseph Sheeham sê die begroting kom op ‘n deurslaggewende tydstip veral met die wêreldorde wat op sy kop gedraai is.
25 Feb 11PM 1 min

Shikongo vergader met buurlande se polisiehoofde

Die polisiehoofde van Namibië, Angola, Botswana, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe vergader in Kasane in Botswana vir 'n drie-dae-lange raadplegende vergadering om transnasionale georganiseerde misdaad te bespreek. NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo sê die vergadering spruit uit die binasionale kommissie wat verlede jaar in Windhoek vergader het om saam te werk aan…
25 Feb 10PM 1 min

SA se skuld vir die eerste keer in 17 jaar bestendig - Godongwana

Die finansminister Enoch Godongwana sê Suid-Afrika se skuld begin die eerste keer in 17-jaar bestendig raak, wat 'n groot keerpunt in openbare finansies aandui. Hy het in sy begrotingsrede gesê regerings-hervormings en gedissiplineerde besteding het gehelp om die begrotingstekort te verminder en beleggersvertroue te herstel. Godongwana sê skuld sal na…
25 Feb 10PM 1 min