Interpol-ambassadeur sê dwangarbeid teiken Afrikane

Loading player...
Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg ook te midde van berigte van ten minste 17 Suid-Afrikaners wat na Rusland gelok is met valse opleidingsbeloftes. Hy dring in 'n onderhoud met SABC News daarop aan dat waaksaamheid aan die dag gelê moet word wanneer oorsese werkaanbiedinge aanvaar word:
29 Dec 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Shikongo vergader met buurlande se polisiehoofde

Die polisiehoofde van Namibië, Angola, Botswana, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe vergader in Kasane in Botswana vir 'n drie-dae-lange raadplegende vergadering om transnasionale georganiseerde misdaad te bespreek. NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo sê die vergadering spruit uit die binasionale kommissie wat verlede jaar in Windhoek vergader het om saam te werk aan…
25 Feb 10PM 1 min

SA se skuld vir die eerste keer in 17 jaar bestendig - Godongwana

Die finansminister Enoch Godongwana sê Suid-Afrika se skuld begin die eerste keer in 17-jaar bestendig raak, wat 'n groot keerpunt in openbare finansies aandui. Hy het in sy begrotingsrede gesê regerings-hervormings en gedissiplineerde besteding het gehelp om die begrotingstekort te verminder en beleggersvertroue te herstel. Godongwana sê skuld sal na…
25 Feb 10PM 1 min

Tollie-pryse dalk aan die daal

Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.
25 Feb 10AM 1 min

BKS onder verse naby Mosselbaai bevestig

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
25 Feb 10AM 1 min