NNN takel GBV, selfdood in Nuwejaarsboodskap

Loading player...
Eenheid, deernis en bedagsaamheid moet 2026 kenmerk, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In ‘n sterk bewoorde Nuwejaarsboodskap waarin sy Namibiërs voorspoed en geluk toewens, het Nandi-Ndaitwah ‘n beroep op burgers gedoen om maatskaplike kwessies soos geslagsgebaseerde geweld, toenemende selfdood, die versorging van bejaardes en die beskerming van weerloses vanjaar met oorgawe te takel.
1 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Shikongo vergader met buurlande se polisiehoofde

Die polisiehoofde van Namibië, Angola, Botswana, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe vergader in Kasane in Botswana vir 'n drie-dae-lange raadplegende vergadering om transnasionale georganiseerde misdaad te bespreek. NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo sê die vergadering spruit uit die binasionale kommissie wat verlede jaar in Windhoek vergader het om saam te werk aan…
25 Feb 10PM 1 min

SA se skuld vir die eerste keer in 17 jaar bestendig - Godongwana

Die finansminister Enoch Godongwana sê Suid-Afrika se skuld begin die eerste keer in 17-jaar bestendig raak, wat 'n groot keerpunt in openbare finansies aandui. Hy het in sy begrotingsrede gesê regerings-hervormings en gedissiplineerde besteding het gehelp om die begrotingstekort te verminder en beleggersvertroue te herstel. Godongwana sê skuld sal na…
25 Feb 10PM 1 min

Tollie-pryse dalk aan die daal

Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.
25 Feb 10AM 1 min

BKS onder verse naby Mosselbaai bevestig

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
25 Feb 10AM 1 min