'Bly weg van riviere,' maan weerkenner

Loading player...
Voortgesette swaar neerslae in groot dele van Namibië het heelwat riviere sterk laat vloei en ‘n vloedwaarskuwing in sekere gebiede is opnuut uitgereik. Meteoroloog Vilho Ndeunyema het die publiek gemaan om weg te bly van rivieroewers, aangesien die grond onstabiel is.
1 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Shikongo vergader met buurlande se polisiehoofde

Die polisiehoofde van Namibië, Angola, Botswana, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe vergader in Kasane in Botswana vir 'n drie-dae-lange raadplegende vergadering om transnasionale georganiseerde misdaad te bespreek. NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo sê die vergadering spruit uit die binasionale kommissie wat verlede jaar in Windhoek vergader het om saam te werk aan…
25 Feb 10PM 1 min

SA se skuld vir die eerste keer in 17 jaar bestendig - Godongwana

Die finansminister Enoch Godongwana sê Suid-Afrika se skuld begin die eerste keer in 17-jaar bestendig raak, wat 'n groot keerpunt in openbare finansies aandui. Hy het in sy begrotingsrede gesê regerings-hervormings en gedissiplineerde besteding het gehelp om die begrotingstekort te verminder en beleggersvertroue te herstel. Godongwana sê skuld sal na…
25 Feb 10PM 1 min

Tollie-pryse dalk aan die daal

Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.
25 Feb 10AM 1 min

BKS onder verse naby Mosselbaai bevestig

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
25 Feb 10AM 1 min