Befondsing vir groenwaterstof neem toe

Loading player...
Die SDG Namibia One Fund het 'n groot ontwikkelingsbefondsingsooreenkoms met Zhero Europe onderteken, wat tot 95 miljoen Namibiese dollar verbind om die Zhero Molecules Walvisbaai-projek te bevorder, 'n grootskaalse groen ammoniak-aanleg wat vir die Erongo-streek beplan word. Die befondsing ondersteun uitvoerbaarheid en vroeë ontwikkelingswerk met die oog op 'n finale beleggingsbesluit in 2027, met produksie wat na verwagting in 2030 sal begin, wat 500 000 ton groen ammoniak per jaar sal opwek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Namibië Groenwaterstofprogram, Jona Musheko, gesels:
5 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tollie-pryse dalk aan die daal

Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.
25 Feb 10AM 1 min

BKS onder verse naby Mosselbaai bevestig

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
25 Feb 10AM 1 min

Unam bied nuwe sweisprogram aan

Unam het amptelik sy akademiese jaar vir 2026 geopen, met 'n totale inskrywing van 29 000 studente, waarvan 11 000 eerstejaarstudente is. Die universiteit se visekanselier, professor Kenneth Matengu, het gesê die akademiese jaar van 2026 word gekenmerk deur verbeterde studentebetrokkenheid, die integrasie van nuwe tegnologieë en voortdurende infrastruktuuropgraderings. Matengu…
25 Feb 10AM 1 min

Verslag onthul diepte van informele nedersettings-probleme

Namibië het tans 419 informele nedersettings, waarvan die meeste nie toegang tot basiese dienste het nie. Dit is onthul in die Namibiese Informele Nedersettings Basislynverslag wat vanoggend deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die Khomas-streek lei met meer as 213 000 mense wat in informele nedersettings woon, gevolg deur Erongo…
25 Feb 9AM 1 min