Mantashe loop deur na aanmerkings oor Suid-Afrikaners

Loading player...
Die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, word gekritiseer ná sy opmerking dat Suid-Afrikaners te afhanklik van die staat geword het. Mantashe het in ʼn onderhoud met die SABC gesê die ANC-regering se beleid het traagheid bevorder waar landsburgers verwag die regering moet hul probleme oplos. Hy sê groter burgerlike deelname behoort die land te help om sy potensiaal te bereik:
6 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tollie-pryse dalk aan die daal

Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.
25 Feb 10AM 1 min

BKS onder verse naby Mosselbaai bevestig

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
25 Feb 10AM 1 min

Unam bied nuwe sweisprogram aan

Unam het amptelik sy akademiese jaar vir 2026 geopen, met 'n totale inskrywing van 29 000 studente, waarvan 11 000 eerstejaarstudente is. Die universiteit se visekanselier, professor Kenneth Matengu, het gesê die akademiese jaar van 2026 word gekenmerk deur verbeterde studentebetrokkenheid, die integrasie van nuwe tegnologieë en voortdurende infrastruktuuropgraderings. Matengu…
25 Feb 10AM 1 min

Verslag onthul diepte van informele nedersettings-probleme

Namibië het tans 419 informele nedersettings, waarvan die meeste nie toegang tot basiese dienste het nie. Dit is onthul in die Namibiese Informele Nedersettings Basislynverslag wat vanoggend deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die Khomas-streek lei met meer as 213 000 mense wat in informele nedersettings woon, gevolg deur Erongo…
25 Feb 9AM 1 min