Venezolaanse aanval was 'briljant' - Trump

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het Dinsdag vir die eerste keer in 'n toespraak oor Amerika se operasie in Venezuela gepraat, nadat hy van sy Kersfees-vakansie in Mar-A-Lago, Florida, na Washington teruggekeer het. Hy het by 'n Republikeinse saamtrek gesê dit was iets briljants en dat niemand in die aanval dood is nie, behalwe Kubaanse soldate. Venezolaanse media berig dat 57 mense, insluitend twee burgerlike vroue en 32 Kubane, gesterf het en sewe dae se rou is aangekondig. Luister na Trump.
6 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tollie-pryse dalk aan die daal

Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.
25 Feb 10AM 1 min

BKS onder verse naby Mosselbaai bevestig

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
25 Feb 10AM 1 min

Unam bied nuwe sweisprogram aan

Unam het amptelik sy akademiese jaar vir 2026 geopen, met 'n totale inskrywing van 29 000 studente, waarvan 11 000 eerstejaarstudente is. Die universiteit se visekanselier, professor Kenneth Matengu, het gesê die akademiese jaar van 2026 word gekenmerk deur verbeterde studentebetrokkenheid, die integrasie van nuwe tegnologieë en voortdurende infrastruktuuropgraderings. Matengu…
25 Feb 10AM 1 min

Verslag onthul diepte van informele nedersettings-probleme

Namibië het tans 419 informele nedersettings, waarvan die meeste nie toegang tot basiese dienste het nie. Dit is onthul in die Namibiese Informele Nedersettings Basislynverslag wat vanoggend deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die Khomas-streek lei met meer as 213 000 mense wat in informele nedersettings woon, gevolg deur Erongo…
25 Feb 9AM 1 min