Buitelanders nie oorsaak van SA se probleme: Saftu

Loading player...
Saftu sê die land se reuse-werkloosheidskrisis, armoede, ongelykheid, nywerheidsoptrede, openbare dienste wat ineenstort en korrupsie word nie deur migrante veroorsaak nie. Die vakbond-federasie sê dis as gevolg van beleidsmislukkings, besuinigingsmaatreëls, elite-verryking en staatsonbevoegdheid. Woordvoerder Asive Dyani sê hulle het herhaaldelik staatgemaak op Statistieke Suid-Afrika om die vals bewering te weerlê dat buitelanders Suid-Afrikaners se werk afneem:
7 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tollie-pryse dalk aan die daal

Die pryse vir tollies blyk om te daal. Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse vrygestel. Bek-en-klouseer in die buurland veroorsaak onsekerheid wat Namibiese markte tot 'n mate raak. Die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete verduidelik.
25 Feb 10AM 1 min

BKS onder verse naby Mosselbaai bevestig

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê bek-en-klouseer is bevestig op 'n vers-plaas naby Mosselbaai, 21-kilometer noord van die oorsprong-plaas. ʼn Woordvoerder, Herman Pieters, sê kalwers van die oorspronklike plaas is Saterdag na hierdie eiendom verskuif. Hy sê alle vee op die betrokke plaas, asook ʼn buurplaas, is intussen ingeënt:
25 Feb 10AM 1 min

Unam bied nuwe sweisprogram aan

Unam het amptelik sy akademiese jaar vir 2026 geopen, met 'n totale inskrywing van 29 000 studente, waarvan 11 000 eerstejaarstudente is. Die universiteit se visekanselier, professor Kenneth Matengu, het gesê die akademiese jaar van 2026 word gekenmerk deur verbeterde studentebetrokkenheid, die integrasie van nuwe tegnologieë en voortdurende infrastruktuuropgraderings. Matengu…
25 Feb 10AM 1 min

Verslag onthul diepte van informele nedersettings-probleme

Namibië het tans 419 informele nedersettings, waarvan die meeste nie toegang tot basiese dienste het nie. Dit is onthul in die Namibiese Informele Nedersettings Basislynverslag wat vanoggend deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die Khomas-streek lei met meer as 213 000 mense wat in informele nedersettings woon, gevolg deur Erongo…
25 Feb 9AM 1 min