VN-organisasies sal voortgaan met hulle mandaat, sonder VSA

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Amerika se besluit om aan internasionale organisasies te onttrek, is teleurstellend. Byna die helfte van die 66 organisasies het VN-bande. Dit sluit die Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering en die Bevolkingsfonds in wat moeders en kinders se gesondheid ondersteun, en seksuele en geslagsgeweld bestry. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê alle VN-instellings sal voortgaan met hul mandaat:
9 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

EFF maan teen hoër belasting in begroting

Die EFF sê enige belastingverhoging kan onbestendigheid vererger wanneer die minister van Finansies, Enoch Gondongwana, vanmiddag sy begroting lewer. Woordvoerder Thembi Msane het die regering gevra om nie BTW te verhoog nie, en 'n inflasie-gekoppelde welvaartbelasting in te stel in plaas van om armes verder te belas. Msane sê dit…
25 Feb 8AM 1 min

Alle diplomatieke hulp nodig om Oekraïne-oorlog te stop: VN

Die Verenigde Nasies sê die internasionale gemeenskap moet alle moontlike diplomatieke hulpmiddels inspan om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Meer as 15 000 burgerlikes is dood en meer as 41 000 mense beseer sedert Rusland se aanval vier jaar gelede, terwyl miljoene hul huise moes ontruim. Die onder-sekretaris-generaal vir…
25 Feb 8AM 1 min

Staatsamptenare se 5% salarisverhogings bekragtig

Die algemene sekretaris van die Namibiese Openbare Werkersunie, Petrus Nevonga, het vandag 'n vaste maandelikse salarisverhoging van 700 Namibiese dollar vir staatsamptenare vir grade 14 en 15 aangekondig, effektief vanaf 1 April in die komende boekjaar. Dit sluit 'n basiese salarisverhoging van 5 persent vir grade 1 tot 13 in…
25 Feb 7AM 1 min

Kaapstad-lughawe terug na normaal na brand

Die Kaapstad Internasionale Lughawe sê bedrywighede keer terug na normaal ná gister se brand in die internasionale saal. Die brand is vinnig geblus en geen beserings is aangemeld nie. Sekere internasionale aankomste en bagasie word steeds per hand verwerk. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika se woordvoerder, Ofentse Dijoe, versoek reisigers om…
25 Feb 7AM 1 min

Khomas plaas alle leerlinge in die streek

Teen laat Januarie was daar steeds leerlinge sonder plek in skole. Terwyl Kosmos 94.1 Nuus steeds op onderwys se uitvoerende direkteur wag vir ‘n opdatering oor plasings regoor die land en die moontlike implementering van ‘n pelotonstelsel, sê Paulus Nghikembua, die Khomas-streeksdirekteur, dat al die leerlinge in sy streek geplaas…
25 Feb 5AM 1 min