
Alle verkiesingsbeamptes is betaal volgens werk gedoen, sê IEC
Loading player...
In reaksie op verkiesingsbeamptes wat die ombudsman genader het met klagtes dat hulle nie ten volle deur die Verkiesingskommissie vir dienste gelewer betaal is nie, het die kommissie ‘n verklaring uitgereik wat die aantygings weerlê. Volgens die kommissie word beamptes net betaal vir werk wat gedoen is volgens die bywoningsregister. Na die verifikasieproses is betalings gemaak op grond van die werklike werk wat gedoen is. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka gepraat. Hy het meer.

