Alle verkiesingsbeamptes is betaal volgens werk gedoen, sê IEC

Loading player...
In reaksie op verkiesingsbeamptes wat die ombudsman genader het met klagtes dat hulle nie ten volle deur die Verkiesingskommissie vir dienste gelewer betaal is nie, het die kommissie ‘n verklaring uitgereik wat die aantygings weerlê. Volgens die kommissie word beamptes net betaal vir werk wat gedoen is volgens die bywoningsregister. Na die verifikasieproses is betalings gemaak op grond van die werklike werk wat gedoen is. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka gepraat. Hy het meer.
9 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verslag onthul diepte van informele nedersettings-probleme

Namibië het tans 419 informele nedersettings, waarvan die meeste nie toegang tot basiese dienste het nie. Dit is onthul in die Namibiese Informele Nedersettings Basislynverslag wat vanoggend deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Die Khomas-streek lei met meer as 213 000 mense wat in informele nedersettings woon, gevolg deur Erongo…
25 Feb 9AM 1 min

Kubermisdaad-wetsontwerp 'teenstrydig met Grondwet'

Die Kubermisdaad-wetsontwerp is onder bespreking en bevindinge toon dat dit teenstrydig is met die Grondwet sowel as internasionale wetgewing rakende vryheid van spraak. Volgens kenners, moet die konsepwetsontwerp verdere hervormings ondergaan. Die prosedurele en substantiewe bevoegdhede in Namibië se kubermisdaadwetsontwerp moet onderhewig wees aan duidelike beskermings vir privaatheid, vryheid van…
25 Feb 9AM 1 min

EFF maan teen hoër belasting in begroting

Die EFF sê enige belastingverhoging kan onbestendigheid vererger wanneer die minister van Finansies, Enoch Gondongwana, vanmiddag sy begroting lewer. Woordvoerder Thembi Msane het die regering gevra om nie BTW te verhoog nie, en 'n inflasie-gekoppelde welvaartbelasting in te stel in plaas van om armes verder te belas. Msane sê dit…
25 Feb 8AM 1 min

Alle diplomatieke hulp nodig om Oekraïne-oorlog te stop: VN

Die Verenigde Nasies sê die internasionale gemeenskap moet alle moontlike diplomatieke hulpmiddels inspan om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Meer as 15 000 burgerlikes is dood en meer as 41 000 mense beseer sedert Rusland se aanval vier jaar gelede, terwyl miljoene hul huise moes ontruim. Die onder-sekretaris-generaal vir…
25 Feb 8AM 1 min

Staatsamptenare se 5% salarisverhogings bekragtig

Die algemene sekretaris van die Namibiese Openbare Werkersunie, Petrus Nevonga, het vandag 'n vaste maandelikse salarisverhoging van 700 Namibiese dollar vir staatsamptenare vir grade 14 en 15 aangekondig, effektief vanaf 1 April in die komende boekjaar. Dit sluit 'n basiese salarisverhoging van 5 persent vir grade 1 tot 13 in…
25 Feb 7AM 1 min