Napha gesels oor impak van VSA-visumverband op bemarking

Loading player...
Die VSA het onlangs ‘n visumverband vir 37 lande, Namibië ingesluit, aangekondig. Die kostes kan tot 250 000 Namibiese dollar beloop, maar dit is net geldig vir toeriste en sakereisigers. Dit kan ‘n reuse impak hê op die plaaslike jagbedryf wat die land in die VSA by sy talle jagskoue bemark. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Hannes du Plessis gepraat.
10 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Staatsamptenare se 5% salarisverhogings bekragtig

Die algemene sekretaris van die Namibiese Openbare Werkersunie, Petrus Nevonga, het vandag 'n vaste maandelikse salarisverhoging van 700 Namibiese dollar vir staatsamptenare vir grade 14 en 15 aangekondig, effektief vanaf 1 April in die komende boekjaar. Dit sluit 'n basiese salarisverhoging van 5 persent vir grade 1 tot 13 in…
25 Feb 7AM 1 min

Kaapstad-lughawe terug na normaal na brand

Die Kaapstad Internasionale Lughawe sê bedrywighede keer terug na normaal ná gister se brand in die internasionale saal. Die brand is vinnig geblus en geen beserings is aangemeld nie. Sekere internasionale aankomste en bagasie word steeds per hand verwerk. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika se woordvoerder, Ofentse Dijoe, versoek reisigers om…
25 Feb 7AM 1 min

Khomas plaas alle leerlinge in die streek

Teen laat Januarie was daar steeds leerlinge sonder plek in skole. Terwyl Kosmos 94.1 Nuus steeds op onderwys se uitvoerende direkteur wag vir ‘n opdatering oor plasings regoor die land en die moontlike implementering van ‘n pelotonstelsel, sê Paulus Nghikembua, die Khomas-streeksdirekteur, dat al die leerlinge in sy streek geplaas…
25 Feb 5AM 1 min

Ondersoek geloods na nege verskaffers van sanitêre doekies in SA

Die Nasionale Verbruikerskommissie het ʼn ondersoek begin na nege verskaffers van sanitêre doekies en soortgelyke produkte. Dit volg ná ʼn onlangse ondersoek deur die Universiteit van die Vrystaat wat bevind het sommige van hierdie produkte bevat moontlik skadelike stowwe wat die endokriene-stelsel ontwrig. Die kommissie se waarnemende kommissaris, Hardin Ratshisusu,…
25 Feb 5AM 1 min

Hospitale: Goed genoeg vir landelike kuku dan goed genoeg vir politici

Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die riglyn van 1 April verdedig wanneer senior regeringsamptenare, insluitend die president en LP's, openbare gesondheidsfasiliteite moet begin gebruik. Sy het in die Nasionale Vergadering gesê die eerste fase teiken slegs 1 176 topamptenare en nie alle Psemas-lede nie. Met 85 persent van Namibiërs wat op…
25 Feb 5AM 1 min