Cyril het kommer oor uitgesproke minderheid wat lieg

Loading player...
Die ANC-president Cyril Ramaphosa het die uitgesproke minderheid wat leuens versprei om Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie te ondermyn veroordeel. Ramaphosa het ANC-ondersteuners tydens die party se 114de bestaansjaarvieringe in Noordwes toegespreek en gewaarsku teen bewerings soos sogenaamde wit volksmoord. Hy sê dit vuur wêreldwye rassistiese agendas aan. Ramaphosa sê die magte is daarop gemik om die staat te destabiliseer. Hy het Suid-Afrikaners versoek om te verenig, die Grondwet te verdedig en intimidasie tuis en in die buiteland te verwerp:
11 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Khomas plaas alle leerlinge in die streek

Teen laat Januarie was daar steeds leerlinge sonder plek in skole. Terwyl Kosmos 94.1 Nuus steeds op onderwys se uitvoerende direkteur wag vir ‘n opdatering oor plasings regoor die land en die moontlike implementering van ‘n pelotonstelsel, sê Paulus Nghikembua, die Khomas-streeksdirekteur, dat al die leerlinge in sy streek geplaas…
25 Feb 5AM 1 min

Ondersoek geloods na nege verskaffers van sanitêre doekies in SA

Die Nasionale Verbruikerskommissie het ʼn ondersoek begin na nege verskaffers van sanitêre doekies en soortgelyke produkte. Dit volg ná ʼn onlangse ondersoek deur die Universiteit van die Vrystaat wat bevind het sommige van hierdie produkte bevat moontlik skadelike stowwe wat die endokriene-stelsel ontwrig. Die kommissie se waarnemende kommissaris, Hardin Ratshisusu,…
25 Feb 5AM 1 min

Hospitale: Goed genoeg vir landelike kuku dan goed genoeg vir politici

Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die riglyn van 1 April verdedig wanneer senior regeringsamptenare, insluitend die president en LP's, openbare gesondheidsfasiliteite moet begin gebruik. Sy het in die Nasionale Vergadering gesê die eerste fase teiken slegs 1 176 topamptenare en nie alle Psemas-lede nie. Met 85 persent van Namibiërs wat op…
25 Feb 5AM 1 min

Uitdagings met tantième dalk nie net by goud nie

Vrae het ontstaan oor Namibië se mynbou inkomste na 'n onthullende oudit deur die ouditeur-generaal. Goudmyne het 'n omset van ongeveer 6 miljard Namibiese dollar per jaar gehandhaaf, maar korporatiewe belastingbetalings het met 47 persent van 2020 tot 2022 gedaal. Ouditeur-generaal Junias Kandjeke sê die skerp daling dui op moontlike…
25 Feb 5AM 1 min

Nekundi sê oor Suide se paaie na stortreën

Stortreën in die Suide het verskeie grond- en sekondêre paaie erg beskadig, met dele van die Aroab-kruising tot Ariamsvlei en roetes soos dié wat Asab met Kainaxas verbind, wat volgens berigte erg verspoel is en moeilik om te gebruik. Die Paaieowerheid het intussen van die roetes gesluit. Vervoerminister Veikko Nekundi…
25 Feb 5AM 1 min