Die Walvisbaai-korridorgroep rapporteer volgehoue groei in vragvolumes langs sleutelroetes wat Zambië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en binnelandse SAOG-markte bedien. Met korter seilafstande na Europa en die Amerikas, vinniger hawe-omkeertye en verminderde risiko's van verkeersopeenhoping, posisioneer die Walvisbaai-korridors hulself as strategiese toegangspoorte vir streeksgroei. Die groep se woordvoerder, Maria…
Die regering sê 'n deurbraakondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na korrupsie by die Departement van Binnelandse Sake toon dat president Cyril Ramaphosa se anti-korrupsieprioriteite aktief geïmplementeer word. Die ondersoek het bedrog in die uitreiking van amptelike dokumente aan onwettige immigrante, wat openbare vertroue en nasionale veiligheid ondermyn, aan die lig…
Die Gautengse Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid eis dringende verantwoording nadat byna 100 polisiebeamptes regoor Suid-Afrika van verkragting en seksuele geweld beskuldig is. Die verslag deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat vir 2024/25 het ernstige nakomingsmislukkigs ontbloot. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku, sê diegene wat kwesbare burgers moet beskerm, skaad openbare vertroue…
President Volodymyr Zelensky sê lidmaatskap van die Europese Unie sal Oekraïne se toekomstige veiligheid waarborg nadat ʼn vredesooreenkoms onderteken is. Die EU oorweeg maniere om Kiëf minstens sommige lidmaatskap-voordele te gee voordat hy die talle ekonomiese, demokratiese en regshervormings wat vir volle toelating vereis word, ingestel het. Dit was gister…
NamPost het in Oktober verlede jaar begin om maatskaplike toelaes uit te betaal nadat dit as die enigste diensverskaffer vir die program aangestel is. NamPost het by die regeringsinligtingsentrum 'n opdatering gegee van die proses. Benjamin Jakobs, NamPost se uitvoerende bestuurder vir die kleinhandelkanaal sê dat die maatskappy sover gegaan…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.