Madlanga-kommissie hervat 26 Januarie

Loading player...
Die Madlanga-kommissie, wat misdaad, korrupsie en politieke inmenging in die strafregtelike stelsel ondersoek, hervat sy openbare verhore op 26 Januarie. Die kommissie het verlede maand sy tussentydse verslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Fase twee maak voorsiening vir reaksies op bewerings, terwyl die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi en sy ondersteunende getuies tydens fase drie teruggeroep sal word. Jeremy Michaels van die kommissie sê talle getuies sal oor die volgende paar maande verskyn:
13 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vragvolumes groei steeds - korridorgroep

Die Walvisbaai-korridorgroep rapporteer volgehoue groei in vragvolumes langs sleutelroetes wat Zambië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en binnelandse SAOG-markte bedien. Met korter seilafstande na Europa en die Amerikas, vinniger hawe-omkeertye en verminderde risiko's van verkeersopeenhoping, posisioneer die Walvisbaai-korridors hulself as strategiese toegangspoorte vir streeksgroei. Die groep se woordvoerder, Maria…
25 Feb 3AM 1 min

SA-regering sê korrupsie word aangespreek

Die regering sê 'n deurbraakondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na korrupsie by die Departement van Binnelandse Sake toon dat president Cyril Ramaphosa se anti-korrupsieprioriteite aktief geïmplementeer word. Die ondersoek het bedrog in die uitreiking van amptelike dokumente aan onwettige immigrante, wat openbare vertroue en nasionale veiligheid ondermyn, aan die lig…
25 Feb 3AM 1 min

Verantwoording na 100 SAPD van verkragting en seksuele geweld beskuldig word

Die Gautengse Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid eis dringende verantwoording nadat byna 100 polisiebeamptes regoor Suid-Afrika van verkragting en seksuele geweld beskuldig is. Die verslag deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat vir 2024/25 het ernstige nakomingsmislukkigs ontbloot. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku, sê diegene wat kwesbare burgers moet beskerm, skaad openbare vertroue…
25 Feb 2AM 1 min

Zelensky hoop vir EU-lidmaatskap teen 2027

President Volodymyr Zelensky sê lidmaatskap van die Europese Unie sal Oekraïne se toekomstige veiligheid waarborg nadat ʼn vredesooreenkoms onderteken is. Die EU oorweeg maniere om Kiëf minstens sommige lidmaatskap-voordele te gee voordat hy die talle ekonomiese, demokratiese en regshervormings wat vir volle toelating vereis word, ingestel het. Dit was gister…
25 Feb 2AM 1 min

NamPost belyn steeds toelaag-betalings

NamPost het in Oktober verlede jaar begin om maatskaplike toelaes uit te betaal nadat dit as die enigste diensverskaffer vir die program aangestel is. NamPost het by die regeringsinligtingsentrum 'n opdatering gegee van die proses. Benjamin Jakobs, NamPost se uitvoerende bestuurder vir die kleinhandelkanaal sê dat die maatskappy sover gegaan…
25 Feb 1AM 1 min