Britte plaas druk op Musk en X oor Grok

Loading player...
Brittanje se tegnologieminister Liz Kendall het in die parlement aangekondig dat so vroeg soos volgende week, dit ‘n kriminele oortreding kan wees nie net om naakbeelde van foto’s deur middel van KI, veral X se Grok, te skep nie, maar ook as ‘n sosiale media gebruiker so ‘n beeld deel. Dit kom na die Britse regering al hoe meer druk op Elon Musk se toep plaas hiervoor.
13 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPost belyn steeds toelaag-betalings

NamPost het in Oktober verlede jaar begin om maatskaplike toelaes uit te betaal nadat dit as die enigste diensverskaffer vir die program aangestel is. NamPost het by die regeringsinligtingsentrum 'n opdatering gegee van die proses. Benjamin Jakobs, NamPost se uitvoerende bestuurder vir die kleinhandelkanaal sê dat die maatskappy sover gegaan…
25 Feb 1AM 1 min

Demokrate weerlê Trump se eise oor ekonomie

Die Amerikaanse president Donald Trump sê Amerika is terug: groter, beter, ryker en sterker as ooit tevore. Trump het in sy staatsrede aan 'n gesamentlike sitting van die Kongres sy ekonomiese agenda geprys en gesê hy het toegesien dat die grootste ommekeer ooit plaasvind. Trump het sy administrasie met dié…
25 Feb 1AM 1 min

Britse LP’s stem om dokumente oor Andrew vry te stel

Britse parlementslede het die vrystelling van lêers wat verband hou met Andrew Mountbatten-Windsor se aanstelling in 2001 as die Verenigde Koninkryk se handelsgesant, amptelik ondersteun. Die voormalige prins is verlede week gearresteer weens moontlike wangedrag in ʼn openbare amp. Hy word beskuldig dat hy tydens sy termyn as handelsgesant vertroulike…
25 Feb 12AM 1 min

Steenhuisen verdedig BKS-taakspan

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die bek-en-klouseer-taakspan verdedig te midde van 'n ondersoek deur parlementslede oor sy mandaat en geheimhouding. Steenhuisen het voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Landbou gesê die span bestaan uit veeartsenykundige en wetenskaplike deskundiges wat tegniese raad gee om die regering se optrede te lei…
25 Feb 12AM 1 min