Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

Loading player...
In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik?

Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar druk, verwagtinge en magspeletjies nie meer agter geslote deure gaan bly nie. Die sterre wys duidelik dat die verkiesingsjaar nie stil of netjies gaan verloop nie. Daar is skuifwerk, herposisionering en name wat begin opduik waaroor mense fluister. Is Suid-Afrika op pad na nóg ’n “oorgang”, of staan ons op die rand van ’n werklike magsverskuiwing?

Maar dis nie net politiek nie. Op grondvlak gebeur daar ook dinge wat hoop en ironie in een asem bring. Suid-Afrika het glo van die slimste matrikulante in sy geskiedenis opgelewer, jong mense met breinkrag en potensiaal. Die vraag bly net: in watter land gaan daardie breine uiteindelik hul toekoms bou?

Intussen leer ons dat die DA se kredietkaart darem nie vir John se lyfie verantwoordelik is nie, en dat ministers steeds hoog en ver vlieg op die belastingbetaler se rekening, asof ekonomiese realiteite iets is wat net gewone mense raak.

En dan, vir die deel waarvoor almal wag, die 12 sterretekens. Catherine vat ons deur wat 2026 vir elke teken inhou, met temas van begin, beweging, druk en keuses wat nie meer uitgestel kan word nie. Dis nie ’n jaar vir wegkruip nie. Dis ’n jaar vir posisie inneem, persoonlik én kollektief.

Hierdie episode is minder oor voorspellings en meer oor voorbereiding. Minder oor vrees en meer oor bewussyn. Want of jy nou glo in sterre of nie, een ding is seker: 2026 gaan vra dat jy wakker moet wees.

Dis politiek, astrologie, realiteit en ’n paar ongemaklike waarhede.
Dis Suid-Afrika in ’n verkiesingsjaar.
En dis KLETS.
14 Jan Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min

Die jaar is klaar, die kos is afgelewer

Dis die laaste KLETS van 2025. Suid-Afrika is halfpad afgeskakel, die verkeer bestaan net in ou herinneringe, WhatsApp-groepe het verdwyn, en almal belowe weer dat 2026 “anders” gaan wees. Jy weet, soos elke jaar. Dis dus die ideale oomblik om terug te kyk, bietjie asem te haal, en eerlik te…
17 Dec 2025 1 hour

ANC op ʼn afdraand, Mashazi op ʼn catwalk en SA op ʼn misdaadlys

In hierdie week se KLETS "beklets" ons politiek, mode-skandes en ’n paar statistieke wat jou na jou paspport sal gryp. Die ANC verloor blanke stemme vinniger as wat kan "Afriforum" sẽ, en daar is glo drie name in die hoed vir die volgende ANC-president. Die vraag is eenvoudig: Gaan ’n…
10 Dec 2025 1 hr 01 min