Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

Loading player...
In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik?

Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar druk, verwagtinge en magspeletjies nie meer agter geslote deure gaan bly nie. Die sterre wys duidelik dat die verkiesingsjaar nie stil of netjies gaan verloop nie. Daar is skuifwerk, herposisionering en name wat begin opduik waaroor mense fluister. Is Suid-Afrika op pad na nóg ’n “oorgang”, of staan ons op die rand van ’n werklike magsverskuiwing?

Maar dis nie net politiek nie. Op grondvlak gebeur daar ook dinge wat hoop en ironie in een asem bring. Suid-Afrika het glo van die slimste matrikulante in sy geskiedenis opgelewer, jong mense met breinkrag en potensiaal. Die vraag bly net: in watter land gaan daardie breine uiteindelik hul toekoms bou?

Intussen leer ons dat die DA se kredietkaart darem nie vir John se lyfie verantwoordelik is nie, en dat ministers steeds hoog en ver vlieg op die belastingbetaler se rekening, asof ekonomiese realiteite iets is wat net gewone mense raak.

En dan, vir die deel waarvoor almal wag, die 12 sterretekens. Catherine vat ons deur wat 2026 vir elke teken inhou, met temas van begin, beweging, druk en keuses wat nie meer uitgestel kan word nie. Dis nie ’n jaar vir wegkruip nie. Dis ’n jaar vir posisie inneem, persoonlik én kollektief.

Hierdie episode is minder oor voorspellings en meer oor voorbereiding. Minder oor vrees en meer oor bewussyn. Want of jy nou glo in sterre of nie, een ding is seker: 2026 gaan vra dat jy wakker moet wees.

Dis politiek, astrologie, realiteit en ’n paar ongemaklike waarhede.
Dis Suid-Afrika in ’n verkiesingsjaar.
En dis KLETS.
14 Jan Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min