Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot Noorde

Loading player...
Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park nie. Rey Thakhuli is die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking vir die Krugerwildtuin.
15 Jan Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Ken jy Barrel Racing

Meghan Wallace-Nagel is op pad na Suid Dakota in die VSA vir 'n "barrel racing"-kompetisie. Sy gesels met die Middag Game Drive saam met haar "momager" Franci Wallace.
30 Jan 10 min

Ride for Caleb 2026

Pediatric Care Africa se Ride for a Child vind vanjaar die sewende keer plaas. Volgens André Hattingh het hulle besluit om vanjaar daarop te fokus om een spesifieke kind te help: Die sewe-maande oue Caleb van Wyk van Nelspruit, wat ‘n baie seldsame breintoestand het en ‘n duur operasie benodig…
28 Jan 10 min

Nog dele van Krugerwildtuin heropen

Na verbeterde weerstoestande in die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend gebiede in die Krugerwildtuin, en voortgesette veiligheidsassesserings, word oornagbesoekers nou toegelaat om die park te besoek deur die Phalaborwa-hek, asook deur die Phabeni-hek vanaf vandag. Bateleur-boskamp heropen môre. Grondpaaie bly gesluit. Ons gesels met Rey Thakhuli oor die herbouplanne.
27 Jan 8 min

Ondersteun jou neurodiverse kind so

Yolanda Gani, ’n disleksie-spesialis, en ‘n plaaslike ma, Amanda Broodryk, is op ‘n missie op ouers en skole beter toe te rus in die ondersteuning van neurodiverse kinders, spesifiek kinders met ADHD, ADD, disleksie en ander leeruitdagings.
26 Jan 15 min

Die fisiese nalantenskap van trauma

Pastoor Carin Myburgh van die Trinity Truth Foundation het Saterdag Ontbyt besoek en gepraat oor die fisiese nalantenskap van 'n traumatiese gebeurtenis wat nooit volledig verwerk word nie en jare later steeds spanning, angs, of selfs liggaamlike simptone veroorsaak.
26 Jan 23 min