ROOIBOSTEEDAG I REAL BREKFIS GESELS MET LIZE DU PREEZ VAN CARMIEN

Loading player...
🌿 Vandag vier ons Internasionale Rooibosteedag! 🌿
En wat is nou lekkerder as ’n eg Suid-Afrikaanse koppie rooibostee?

Rooibostee is nie net heerlik nie – dit’s ook goed vir die hart, goed vir die vel, sag op die maag en help jou om rustiger te slaap. ’n Ware trooskoppie, enige tyd van die dag.

Die Real Brekfis-span (06:00–09:00) se Neville, Benescke en Francois het vanoggend gesels met Lize du Preez, bemarkingsbestuurder van Carmien Rooibostee. Sy is die dogter van Mientjie Mouton, wat die besigheid 26 jaar gelede met ’n groot droom begin het.

☕ Vier saam met ons – een koppie rooibostee op ’n slag.
#InternasionaleRooibosteeDag #TrotsSuidAfrika #Rooibostee #DieRealBrekfis
16 Jan 1AM English South Africa Christianity

Other recent episodes

Die Real Brekfis span gesels met Ivan Botha & Donnalee Roberts

Die Real Brekfis span gesels met Ivan Botha & Donnalee Roberts oor hulle nuwe TV reeks - Eenkeer om die son, Seisoen 2. Angs, depressie, om jou eie sterflikheid in die oë te kyk, wat ná die dood gebeur, verslawing en hoe maklik dit kan gebeur, generasies wat weer saam…
27 Jan 2AM 4 min

Die Real Brekfis span gesels met Jo Barnes en Michelle Engelbrecht

Vrydag 16 Januarie was daar 'n bewusmakings optog in Strand oor rioolwater wat in Strand en ander dele van die Kaap ingepomp word - wat skadelik is vir mense en die omgewing. Die Real Brekfis span gesels met Jo Barnes en Michelle Engelbrecht oor hierdie situasie.
19 Jan 2AM 15 min

Wenke vir die nuwe skooljaar I Gretha Wiid I Real Brekfis

As jy as ouer bietjie angstig voel vir die nuwe skooljaar of jy wonder wat jy kan doen om jou kinders prakties te ondersteun, luister gerus na die wenke wat Gretha Wiid, ouerskapkenner en spreker met die Real Brekfis-span gedeel het. #inspiration #motivation #dierealbrekfis #2026
14 Jan 1AM 13 min