Walvis DBV se honde ontsnap na hokke oopgemaak is

Loading player...
Twee honde het vanoggend daarin geslaag om by die Walvisbaai-DBV te ontsnap nadat onbekende persone die hokke oopgemaak het en verskeie honde in die vroeë oggendure vrygelaat het. Terwyl een van die honde gevind is, word een steeds vermis. Die DBV se Linn Giliomee sê een van die vermiste honde, Max, kan op die DBV Walvisbaai se Facebook-blad geïdentifiseer word, terwyl pogings voortduur om hom op te spoor.
22 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brittanje verhoog terreurvlak na 'baie ernstig'

Brittanje het sy terreurbedreigingsvlak van “beduidend” na “baie ernstig” verhoog nadat twee mans Woensdag in Noord-Londen met ‘n mes gesteek is ná ‘n vlaag antisemitiese aanvalle in die Britse hoofstad. Dit is die eerste keer in meer as vier jaar dat die terreurbedreigingsvlak op dié kerf is en beteken ‘n…
1 May 2AM 1 min

'Pasellatyd voor langnaweke kos Namibië miljoene'

Die staatsdiens wat in die gewoonte verval het om ‘n dag voor ‘n langnaweek om 10:00 sy deure te sluit, kos die Namibiese ekonomie miljoene dollar, sê veteraanekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu. Hy het reageer op eerste minister Elijah Ngurare wat staatsdiensamptenare Donderdag opnuut dié vergunning toegestaan het. Kakujaha-Matundu sê in…
1 May 1AM 1 min

Bedagsaamheid op paaie die wagwoord, sê MVAF

Met die langnaweek in volle swang, het die Motorvoertuigongelukfonds ‘n beroep op bestuurders gedoen om bedagsaam op die land se paaie te wees en versigtigheid aan die dag te lê. Dit volg ná die noodlottige ongeluk Woensdagaand naby Arandis, waarin agt mense dood is toe ‘n minibus ‘n vragmotor getref…
1 May 12AM 1 min

Erongo-goewerneur soek padveiligheid-noodberaad

Die goewerneur van Erongo, Natalia/Goagoses, het 'n hoëvlak-noodberaad oor padveiligheid versoek na 'n noodlottige ongeluk wat Woensdagaand agt lewens geëis het. Sy het gelas dat 'n gesamentlike belanghebbervergadering binne twee weke byeengeroep word, wat belangrike padveiligheidsbelanghebbendes bymekaarbring, insluitend die vervoerministerie, die Padowerheid, die Motorvoertuigongelukkefonds, wetstoepassing en ambulansdienste.
30 Apr 11AM 1 min