Die Vereniging van Staatsamptenare doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa en die Nasionale Tesourie om dringend aandag te skenk aan die belofte om bykomende hulpbronne aan die weermag toe te ken. Die vereniging sê die weermag ondervind stygende operasionele uitgawes, 'n veranderende veiligheidsomgewing en hulpbronbeperkings. Claude Naicker van die…
Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, sê die inhegtenisneming van die gewese ambassadeur in Amerika, Peter Mandelson, is 'n bepalende oomblik vir eerste minister Keir Starmer. Mandelson is aangekeer vir beweerde wangedrag in 'n openbare amp en op borgtog vrygelaat. Hy het na bewering sensitiewe regeringsinligting aan die ontslape veroordeelde…
Namibië is gekies om deel te neem aan die CIF Nywerheid-dekarboniseringsprogram, 'n wêreldwye inisiatief wat deur die Wêreldbank en ander vennote ondersteun word. Die land kan tot 250 miljoen Amerikaanse dollar, sowat 4,7 miljard Namibiese dollar, in konsessiefinansiering ontvang om die oorgang na lae-koolstofproduksie te versnel. Die fokus is op…
Byna 'n dekade nadat voormalige president Hage Geingob se Harambee-welvaartsplanne beter sanitasie belowe het, worstel Namibië steeds met 'n diep sanitasiekrisis. Met 'n nasionale sanitasietekort van 40 persent en sommige streke waar tot 77 persent van huishoudings nie toilette het nie, bly openbare ontlasting 'n werklikheid. Kosmos 94.1 Nuus het…
Na 'n tydelike uitvoerverbod op Namibiese tamaties en tafeldruiwe na Suid-Afrika laat verlede jaar, versterk Namibië pogings om vrugtevliegrisiko's beter te bestuur en aan internasionale fitosanitêre standaarde te voldoen. Werkswinkels is nou aan die gang in Aussenkehr om belanghebbendes met kritieke opleiding toe te rus. James Nzehengwa, die adjunkdirekteur vir…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.