
Nog dele van Krugerwildtuin heropen
Loading player...
Na verbeterde weerstoestande in die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend gebiede in die Krugerwildtuin, en voortgesette veiligheidsassesserings, word oornagbesoekers nou toegelaat om die park te besoek deur die Phalaborwa-hek, asook deur die Phabeni-hek vanaf vandag. Bateleur-boskamp heropen môre. Grondpaaie bly gesluit. Ons gesels met Rey Thakhuli oor die herbouplanne.

