Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Loading player...
Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek.

In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die vakansie is verby, die out-of-office is af, en skielik onthou jy weer hoekom jy in Desember belowe het: “Volgende jaar gaan anders wees.”

Elke jaar dink ons Januarie gaan sag met ons wees, rustig, dalk selfs beter. En elke jaar tref die ongemaklike realiteit van “ek weet nie waar dit heen gegaan het nie” nie ’n finansiële strategie is nie.

Januarie-salarisse het ’n unieke talent om in te kom en weer te verdwyn sonder dat jy eers asemhaal.

Een van die oomblikke wat bly, is Colene se aanhaling:
“Try again is the softest form of rebellion, but it rewrites everything.”
’n Sagte herinnering dat aanhou probeer, al voel jy moeg, steeds ’n vorm van weerstand is teen moedeloosheid.

Natuurlik kyk ons ook na die nuus. Nuwe SARS-wetgewing wat jou nou nooi om verdagte dinge aan te meld van oor jou friende, familie en kollegas - die kan interessant raak. Lego en Crocs span saam om iets te skep wat niemand voor gevra het nie, Suid-Afrika word weereens geteister deur 'n dreigende waterkrisis en ons KLETS oor die impak van semigrasie op Kaapstad.

En dan die groot vraag: wat sal gebeur as die aarde vir sewe sekondes sy swaartekrag verloor?

Dis die laaste Woensdag in Januarie 2026. Dis donner. Dis bliksem. Dis KLETS.
28 Jan Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min

Wat Wag vir Suid-Afrika in 2026?

In deel twee van ons Astrologie KLETS oor 2026 bring ons alles terug huis toe. Die groot wêreldbewegings is een ding, maar wat beteken dit alles vir Suid-Afrika, ’n verkiesingsjaar, en vir jou persoonlik? Saam met Catherine Laurent kyk ons na die Suid-Afrikaanse politieke klimaat in 2026, ’n jaar waar…
14 Jan 1 hr 15 min

Begin, Beweeg, Besluit: Wat 2026 Bring en Inhou

In die heel eerste episode van KLETS skop ons 2026 af met konteks eerder as chaos, en met patrone eerder as paniek. Ons KLETS met die astroloog Catherine Laurent in hierdie eerste deel van ’n twee-delige reeks, waar ons kyk na siklusse, getalle en wêreldwye energieverskuiwings wat 2026 gaan vorm…
7 Jan 1 hr 12 min

Die jaar is klaar, die kos is afgelewer

Dis die laaste KLETS van 2025. Suid-Afrika is halfpad afgeskakel, die verkeer bestaan net in ou herinneringe, WhatsApp-groepe het verdwyn, en almal belowe weer dat 2026 “anders” gaan wees. Jy weet, soos elke jaar. Dis dus die ideale oomblik om terug te kyk, bietjie asem te haal, en eerlik te…
17 Dec 2025 1 hour

ANC op ʼn afdraand, Mashazi op ʼn catwalk en SA op ʼn misdaadlys

In hierdie week se KLETS "beklets" ons politiek, mode-skandes en ’n paar statistieke wat jou na jou paspport sal gryp. Die ANC verloor blanke stemme vinniger as wat kan "Afriforum" sẽ, en daar is glo drie name in die hoed vir die volgende ANC-president. Die vraag is eenvoudig: Gaan ’n…
10 Dec 2025 1 hr 01 min