Afgetrede regter sal ondersoek van Will for Peace-debakel lei

Loading player...
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het afgetrede regter Bernard Ngoepe aangestel as voorsitter van die ondersoekraad wat Iran se versuim om vroeër die maand aan die Will for Peace-vlootoefening by Simonstad in Kaapstad te onttrek, ondersoek. President Cyril Ramaphosa het opdrag gegee dat Iran onttrek aan die oefening waarby Rusland, China, Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate ook betrokke was. Die departement se woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê regter Monica Leeuw en Kathleen Satchwell, asook afgetrede skout-admiraal Patrick Duze is lede van die raad:
29 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië, SA eer beide rewolusionêre state: ontleder

Reaksie word ontvang oor die Namibiese afvaardiging, gelei deur die minister in die Presidensie Charles Mubita en Swapo-LP Peya Mushelenga, wat hul eer betoon het tydens die begrafnisstoet van die voormalige Iranse opperleier Ali Khamenei in Teheran. Tydens die besoek het die afvaardiging met Iranse president Masoud Pezeshkian vergader. Kosmos…
6 Jul 9AM 1 min

Hoekom is erkende misdadiger Mazzotti nie vervolg nie?

Tax Justice South Africa vra die Nasionale Vervolgingsgesag om te verduidelik hoekom die sakeman Adriano Mazzotti nooit strafregtelik vervolg is nie. Dit is ondanks sy beweerde erkenning dat hy met tabak gesmokkel, belasting ontduik en pogings aangewend het om amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens om te koop. Die organisasie se…
6 Jul 9AM 1 min

Reuse veldbrand woed suid van Outjo

'n Reuse veldbrand woed op die oomblik in die omgewing suid van Outjo. Die brand het Saterdag ontstaan en het versprei met sommige dele wat uiters moeilik bereikbaar is. Een van die boere in die gebied, Paul Oosthuizen is besig om voorbrande te maak en het met Kosmos 94.1 Nuus…
6 Jul 8AM 1 min

GOOD kap Stad Kaapstad oor min bekostigbare huise

Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad moet erken hy het die afgelope agt jaar nie een bekostigbare huis in die middestad en omliggende gebied gelewer nie. Die Konstitusionele Hof het verlede week die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt omgekeer en die Wes-Kaap en die metro beveel om ʼn verslag…
6 Jul 8AM 1 min

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie…
6 Jul 6AM 1 min