Vereniging vir dowes reageer op uitsluiting van gestremdes in skooluitslae

Loading player...
Nanso het nuwe kommer uitgespreek oor die uitsluiting van leerders met gestremdhede in die land se onderwysstelsel. Nanso sê die 2025 Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone en Gevorderde Aanvullende eksamenuitslae is vrygestel sonder gestremdheid-spesifieke data, wat leerders met gestremdhede weereens onsigbaar maak in nasionale verslagdoening. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die nasionale leier van die Namibiese Nasionale Vereniging van Dowes, Paul Nanyeni, dat dit slegs een van die voortdurende uitdagings is waarmee die land se gestremdheidsgemeenskap te kampe het. Sy tolk, Luisa Massango:
30 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie…
6 Jul 6AM 1 min

Bellingham sê Mexiko-wedstryd was trotsste oomblik ooit

Engelse speler Jude Bellingham sê hy was nog nooit so trots nie. Dit kom na Engeland die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met 'n strafdoel. Hy sê was…
6 Jul 6AM 1 min

Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie

Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as…
6 Jul 6AM 1 min

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner

Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het…
6 Jul 6AM 1 min