
Stadspolisie herinner aan toep om taxi's te verifieer
Loading player...
Die Stadspolisie het inwoners weereens versoek om waaksaam te bly wanneer hulle taxi's gebruik. Die waarskuwing volg op 'n voorval vanoggend waarin 'n One Africa-joernalis aangeval en beroof is nadat sy in ‘n bedrieglike taxi geklim het. Sy was kortstondig as vermis aangegee. Kosmos 94.1 Nuus het met sersant Nqobizwe Shipanga gepraat, wat inwoners aangemoedig het om die Stad Windhoek-toep af te laai en die taxi-verifikasiefunksie te gebruik.

