
N/a’an ku sê bou huise in Epikuro
Loading player...
Die N/a’an ku sê-stigting gaan 'n omvattende gemeenskapsbehuisingsprojek van 40 huise ontwikkel in Epukiro in die Omaheke-streek. Die ontwikkeling is ontwerp om te verseker dat inwoners met waardigheid leef en toegang het tot moderne sanitasiegeriewe, 'n gemeenskapstuin om vars en lewensbelangrike voeding te ondersteun, 'n herwinningsaanleg en 'n veilige, ondersteunende omgewing waarin beide kinders en volwassenes kan floreer. Een-en-twintig eenhede word vir die eerste fase beplan. Kosmos 94.1 Nuus het met die mede-stigter van N/a’an ku sê, Marlice van Vuuren gepraat.

