Cachalia sê Madlanga-kommissie het bewyse teen 5 SAPD-lede gebring

Loading player...
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê hy het by die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, aanbeveel dat beamptes wat in die Madlanga-kommissie se verslag betrek word, tydelik geskors word. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa Cachalia en Masemola beveel het om ʼn spesiale ondersoektaakspan aan te stel om die individue wat by korrupsie betrek word te ondersoek. Cachalia het aan die SABC gesê die kommissie het bevind daar is prima facie bewyse teen vyf SAPD-beamptes:
30 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fosa het ook kommer oor Zuma se Indië besoek

Die Forum for South Africa het kommer uitgespreek oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Hy is tydens die reis afgeneem saam met Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, en die vermeende staatskaping-argitek, Ajay Gupta. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ondersoek nou die kwessie…
6 Jul 6AM 1 min

Bellingham sê Mexiko-wedstryd was trotsste oomblik ooit

Engelse speler Jude Bellingham sê hy was nog nooit so trots nie. Dit kom na Engeland die mede-gasheer, Mexiko, 3-2 uitgeskakel en speel nou teen Noorweë. Bellingham het binne 98 sekondes twee doele aangeteken en kaptein Harry Kane het die oorwinning vir Engeland verseker met 'n strafdoel. Hy sê was…
6 Jul 6AM 1 min

Hindernisse is soms die skuld van die SME en nie owerhede nie

Die Khomas-streeksraad het verlede week ’n inligtingsessie vir geleenthede vir ondernemings van klein- en mediumgrootte gehou. Een van die gesprekke wat gevoer is, het gehandel oor die SME-fonds wat deur GIZ Namibia befonds word. Baie entrepreneurs het tydens hierdie gesprekke hul ervarings gedeel oor die toetredinghindernisse wat hulle ondervind as…
6 Jul 6AM 1 min

Amutse moet verduidelik oor sy Nasan-besluit, meen kenner

Reaksie word ontvang energieminister Modestus Amutse wat die voorwaardes van die Mededingingskommissie oor Nasan Energies se oorname van 52 vulstasies opgeskort het. Die kommissie het gesê dat Nasan vir vyf jaar geen brandstof van Vivo of sy filiale mag aankoop nie. Amutse sê die geopolitieke onstabiliteit in die Midde-Ooste het…
6 Jul 6AM 1 min