VN-hoof kap VSA se uitsluiting van SA van G20-prosesse

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, is bekommerd oor Suid-Afrika se uitsluiting van G20-prosesse onder Amerikaanse leierskap. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het in November gesê Suid-Afrika sal nie genooi word na geleenthede wat sy land aanbied nie na maande van toenemende spanning oor handelstariewe en Trump se bewering van wit volksmoord in Suid-Afrika. Guterres sê die G20 is nie 'n multilaterale organisasie nie, maar 'n samevoeging van lande:
30 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Luvindao sit voet neer oor klinieke

Gesondheidsminister Esperance Luvindao sê die regering verwag dat klinieke waarvoor begroot is, gebou en betyds voltooi moet word. Indien kontrakteurs nie aan dié vereiste voldoen nie, sal hulle vervang word, het Luvindao Vrydag tydens die opening van die opgeknapte Ompundja-kliniek in die Oshana-streek gesê:
31 Jan 4AM 1 min

Rusland gaan Kiëf glo tydens kouefront spaar

Die Amerikaanse president Donald Trump sê sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, het ingestem om Kiëf en verskeie ander dorpe nie tydens 'n koue vlaag aan te val nie. Die Kremlin het bevestig hy het ingestem om aanvalle op Kiëf tot Sondag te staak om "gunstige toestande" vir vredesonderhandelinge te skep…
31 Jan 3AM 1 min

Strafregstelsel IN SA moet hersien word

Die uittredende nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, vra vir sterker misdaadintelligensie, strenger optrede teen vertragingstaktiek, en beter beskerming vir ondersoekbeamptes, aanklaers en fluitjieblasers. In die Nasionale Vervolgingsgesag se vorderingsverslag sê sy dis noodsaaklik om werksverrigting regoor die regstelsel in lyn te bring. Sy het ook die vordering by…
31 Jan 2AM 1 min

Subsidies vir entstof teen knopvelsiekte

Die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkteraad het die gedeeltelike subsidiëring van knopvelsiekte-entstof vanaf môre goedgekeur. Die subsidie word toegeken op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis en fondse is beperk. Die eerste subsidieperiode is vir 1 September verlede jaar tot 31 Maart vanjaar en die tweede van 1 April tot 31 Maart 2027. Kosmos 94.1…
31 Jan 1AM 1 min

Bestendige rentekoerse goeie nuus vir boere

Standard Bank se hoof van landbousake in Suid-Afrika, Brendan Jacobs, sê die Reserwebank se besluit om rentekoerse bestendig te hou bied verligting aan boere. Hy voeg by verdere verlagings kan moontlik wees, terwyl die verligting van druk oor skuld, doeltreffendheid en uitbreiding kan verbeter. Jacobs noem ook makro-ekonomiese toestande, insluitend…
31 Jan 12AM 1 min